Hoërskool Tulbagh Klas van 2002

20-jaar Reünie

29 & 30 Oktober 2022

Tulbagh

Saterdag 29 Oktober 2022

Groet en Ontmoet
08:45 – 09:45

Kole en Deeg Koffiehuis
Van der Stelstraat


Enige verversings asb. vir eie onkoste

Gryp ‘n cuppuccino en muffin, of bestel ‘n aansitontbyt as jy so voel. Hul roosterkoek is heerlik!

Jammer vir die vroeg ontmoet, maar Huis Disa het aangedring op ons besoek om 10:00

Besoek aan tannie Monica
10:00

Huis Disa
Van der Stelstraat


Neem vir tannie Monica blomme en sing vir haar as klas saam die skoollied

As jy ‘n oulike, snaakse of spesiale herinnering het van tannie Monica, wil ons vra dat jy dit asb. met haar sal deel op die dag. Ons kan beurtelings ietsie moois vertel wat ons van haar onthou.

Koffie, tee en tannie Lydia se vlakoek beskikbaar na die tyd

Ontmoet asb. in die eetsaal met die klavier

Begeleide Skooltoer
12:00 – 13:00

Hoërskool Tulbagh
Markstraat


Sien die nuwe skoolgebou en uitbreidings, en besoek ou klaskamers

Kom verklap waar jy oral stout was en watse kattekwaad jy alles aangevang het!

Ontmoet asb. in die voorportaal by die saal

Skemerkelkie en Ete
18:30 – 23:00

Die Tulbagh Boetiek Erfenishotel
Van der Stelstraat


Volwassenes:
Gin & Tonic welkom-skemerkelkie
Gourmet biefburger met spekkonfyt, skyfies en peper- of sampioensous
Sjokolade fondantpoeding met room

*Voorgereg (opsioneel) en ander drankies asb. vir elkeen se eie onkoste

Kinders:
Kiddies pizza met ham en kaas
Vrugtesap
Sjokolade bruintjie of kolwyntjie
(Sluit kinderoppasser en gebruik van die konferensielokaal in)

Sien asb. reëling rondom kinders onder

Middagete en ander ontspanningsaktiwiteite in Vrye tyd op eie onkoste

Kostes (Saterdag)

Koste per volwassene R 500.00

*Volle dagkoste / Sluit alle drankies, etes, en addisionele onkostes/kelnerfooie in soos gemeld
(Verversings by Kole en Deeg tydens ontmoet uitgesluit)

Koste per kind 3 – 12 jaar R 300.00

*Volle dagkoste / Sluit etes, vrugtesap, soethappies en oppasser in met aandfuksie

Koste per kind 1 – 3 jaar R 120.00

(slegs vir oppasser met aandfunksie / nie nodig vir babas wat nog by mamma moet bly nie)
Kinders onder 3 jaar oud is nie ingesluit by enige etes en verversings nie, en ons vra dat mammas asb. vir hul kossies en ‘n koeldrankie sal inpak.

Sondag 30 Oktober 2022

*Opsioneel en vir die wat graag wil bywoon. Dit sal egter baie aangenaam wees as meeste wel kan aansluit.

Vonkelwyn ontbyt
10:00

Montpellier de Tulbagh
Montpellierpad


MCC met aankoms en ‘n vaste ontbytspyskaart met tafeldiens

Koue ontbyt: Vrugteslaai, muesli en jogurt
Broodtafel: Wit- en bruinbrood, cheddar kaas, botter & konfyt
Warm ontbyt: Roereiers, spek, boerewors, kersietamaties & sampioene
Koffie, tee, vrugtesap en water ingesluit

Besigtiging van die nuwe “dome cathedral” venue volg na ontbyt
*Addisionele vonkelwyn en ander drankies asb. vir elkeen se eie onkoste

Koste per volwassene R 200.00

*Addisionele kelnerfooie hierby ingesluit

Koste per kind 3 – 12 jaar R 70.00

Kinders

Neem asb. kennis rondom die reëling van kinders tydens die funksie Saterdagaand by die Tulbagh Boetiek Erfenishotel:

Kinders sal in die konferensielokaal van die hotel vermaak word, direk langs die area waar ons groep gaan kuier en eet. Ouers kan dus hul kinders deur die loop van die aand besoek. Ons vra dat kinders asb. nie na die “grootmens partytjie” oor kom nie, daar is ongelukkig nie baie plek daar vir speel en rondhardloop nie. (Baba’s kan verstaanbaar by hul mammas bly.)

Daar sal ‘n groot skerm met projektor wees vir fliek kyk. Kinders sal naamplakkers ontvang en die oppasser sal met inteken van jul kinders die ouers se name en selfoonnommer neem en ook verneem rondom enige allergieë indien van toepassing om te kan uitkyk vir enige reaksies of simptome, en/of enige spesiale medikasie wat die kind dalk nodig het om te neem na ete. Daar is hotelpersoneel wat noodhulpondervinding het en KPR kan toepas in ‘n ernstige noodgeval. Die swembadarea sal ten alle tye gesluit bly.

Die konferensielokaal het ongelukkig baie ligte kleur matte, en die bestuurder is egter bekommerd dat die kinders dalk mag mors wat onnodige professionele skoonmaakdienste of die vervanging van matte tot gevolg sal hê. Die idee is om komberse op die vloer oop te gooi waarop die kinders dan kan sit en fliek kyk of speel, met die gevoel van ‘n “slumber party”. Trek dus sommer reeds jou kind(ers) se nagklere voor die tyd aan indien hul nog baie klein is en vroeg aan die slaap sal raak.

Kinders onder 3 jaar oud is nie ingesluit by die ete nie omdat hulle nog klein is en baie min eet, en ons vra dat mammas asb. vir hul kossies en ‘n koeldrankie sal inpak. Die koste per kind vir kinders 1 – 3 jaar is slegs vir die oppasser vir die aand.

Ons vra dat ouers asb. vir elke kind ook die volgende sal voorsien op die aand:

‘n Kombers om oop te gooi oor die vloer
‘n Kussing en kleiner kombersie vir knus toemaak en slaap
Speelgoed wat nie sal mors of smeer op die matte nie, bv. boublokkies, inkleurboeke met potlode legkaarte, speelpoppe, lego, ens. (asb. geen verf, vetkryte, koki’s of speelklei)
Lekkergoed wat nie sal smelt, afloop of drup nie, bv. stokkielekkers, malvalekkers, fizzers, koekies, skyfies, ens. (asb. geen sjokolade, sherbet, sprinkels, poedingkoppies, jogurt, ens.)
Koeldrank asb. in boksies met strooitjies of bottels wat kan toedraai (asb. geen oop blikkies of sakkies)

Ons betaal geen venuefooi of breekskade-deposito vir die gebruik van die konferensiesaal nie. Indien daar wel enige skade plaasvind of die matte professioneel skoogemaak of vervang moet word na die funksie, sal die totale koste daarvan onder alle ouers verdeel en gefaktureer word.

Let ook asb. dat die kinderoppasser slegs ‘n oppasser is wat bloot ‘n ogie hou die aand om toe te sien dat alle kinders soet, rustig, geholpe en vermaak is, en nie ‘n professionele au pair of persoonlike kinderassistent nie. Die oppasser sal wel verantwoordelik optree en alles in sy/haar vermoë doen om toe te sien dat jou kind(ers) gemaklik en veilig is. As jou kind(ers) se doek gereeld omgeruil moet word of hul ‘n sekere tyd moed voed, of ‘n kind met spesiale behoeftes is, is dit steed jou verantwoordelikheid as ouer om na om te sien. Die konferensielokaal is juis direk aangrensend waar die klasgroep kuier vir die gerief van die ouers om naby hul kinders te wees vir oorsig.

Hiermee word ook bevestig dat die reünie organiseerder, hotel, die hotel eienaar en sy/haar vennote en/of aandeelhouers, die bestuurder en alle hotelpersoneel, en ook die ingekontrakteerde kinderoppasser, geen verantwoordelikheid neem en aanspreeklik gehou mag word vir enige isidente wat moontlik mag plaasvind wat direk jou kind kan benadeel of direk in gevaar stel nie. Let asb. dat jy bring jou kinders op eie risiko. Voorsorgmaatreëls sal streng nagekom word ten alle tye, maar kan egter nie 100% van die tyd alle insidente voorkom nie.

Répondez s’il vous plaît

Leave this field blank
Merk asb. albei indien jy beide dae gaan bywoon
Saterdag: R500.00 per volwassene / R280.00 per kind 3 - 12 jaar / R120.00 per kind onder 3 (nie babas) | Sondag: R200.00 per volwassene / R70.00 per kind 3 - 12 jaar

Maak asb. jou betaling voor 1 Oktober 2022 aan:
Elzanne Botha, ABSA Bank Somerset-Wes, Rek no: 9338 1245 65, Takkode: 632005, Spaarrekening

Verwysing: Jou naam en van

Item added to cart.
0 items - R0.00